VN-verslag toon Israel het volksmoord gepleeg

ʼn Menseregtekenner van die Verenigde Nasies sê daar is volgens haar redelike gronde dat Israel talle volksmoord-dade in Gaza gepleeg het. Francesca Albanese het haar verslag met die titel Anatomy of a Genocide, aan die VN se Menseregteraad voorgelê. Israel verwerp die verslag en beskryf dit as ʼn verregaande verdraaiing van die Volksmoordkonvensie. Albanese sê die oorweldigende aard en skaal van Israel se aanval op Gaza en die vernietigende lewenstoestande wat dit veroorsaak, kom neer op ʼn bedoeling om Palestyne te vernietig: