VN-verslag: Rusland oortree menseregte  

‘n Nuwe verslag van die Verenigde Nasies oor menseregte het bevind dat Russiese magte onoordeelkundige en buite verhouding groot aanvalle op Oekraïne uitgevoer het. Dit sluit in martelings en moorde wat kan neerkom op oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. Die verslag is opgestel in opdrag van die Menseregte-raad in Genève. Die slotsom is dat Russiese magte militêre aanvalle uitgevoer het in digbevolkte gebiede sonder om die lyding van burgerlikes in aanmerking te neem.