VN verskerp bystaan aan slagoffers van sikloon Mocha

Die Verenigde Nasies sê die Wêreldvoedselprogram en sy vennote gaan voort met die lewering van noodvoedsel en ander hulp in Bangladesj en Mianmar. Dit volg nadat sikloon Mocha die kusgebiede van die twee lande getref het met drie mense wat vermoedelik reeds dood is. Die sikloon het swaar reën en sterk wind veroorsaak, en huise en elektrisiteitsinfrastruktuur beskadig. Owerhede sê meer as 500 000 mense is uit hul huise in die suidoostelike dele van Bangladesj ontruim.