VN verifieer vroue- en kindersterftes in Gaza

Die VN se Menseregtekantoor sê byna 70 persent van die sterftes wat in die Gaza-oorlog geverifieer is, is vroue en kinders, en veroordeel wat hy ‘n sistematiese skending van die fundamentele beginsels van internasionale humanitêre reg noem. Die VN het aan die begin van die oorlog sy monitering begin. Die 8 119 slagoffers wat geverifieer is, is ‘n veel laer getal as die van meer as 43 000 wat deur Palestynse gesondheidsowerhede vir die 13 maande oue oorlog verskaf is.