VN vergader volgende week in Kenia oor klimaat

Die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram sê sy komende Omgewingsvergadering in Kenia sal ‘n reeks knellende omgewingskwessies ondersoek – van watertekorte tot die oorskakeling na skoon energie. Die vergadering begin volgende week. Die uitvoerende direkteur van die program, Inger Andersen, sê ses sleutelgesprekke sal gevoer word waarmee hulle ‘n wêreldwye poging wil aanwakker om die driedubbele planetêre krisis aan te pak naamlik klimaatsverandering, omgewings- en biodiversiteitsverlies, en besoedeling en afval: