VN Veiligheidsraad vergader oor Israelse aanval in Rafah
Die Veiligheidsraad van die VN hou vandag ‘n noodvergadering in New York na die Israelse lugaanval op Hamas waarin tientalle mense na berig word dood is in ‘n kamp vir ontheemdes in Rafah. Israelse beamptes glo skrapnel het ‘n brandstoftenk aan die brand laat slaan en die tente van ontheemdes van Gaza in vlamme gehul. Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, beskryf dit as ‘n tragiese fout en die weermag ondersoek die burgerlike ongevalle. Die VN menseregte-hoof Volker Türk sê die voorval bewys dis nêrens veilig in Gaza nie.