VN Veiligheidsraad eis skietstilstand

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het ‘n Amerikaanse voorstel vir ‘n permanente skietstaking tussen Hamas en Israel en die vrylating van gyselaars in Gaza aanvaar. Veertien van die 15 lede van die Veiligheidsraad het ten gunste van die voorstel gestem. Rusland het buite stemming gebly. President Joe Biden het verlede maand ‘n drieledige skietstakingsplan aangekondig. Israel het reeds die plan aanvaar. Die Palestynse ambassadeur by die VN, Riyad Mansour, het die aanvaarding van die voorstel verwelkom: