VN steeds verbind tot Oekraïne se soewereiniteit

Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres sê die organisasie is verbind tot die soewereiniteit van die Oekraïne. Hy het gepraat by die VN-beraad wat op die oomblik aan die gang is in New York. Hy doen ‘n beroep op partye om saam te werk om vrede te bewerkstellig.