VN staak voedselhulp in Rafah

Die Verenigde nasies het voedselverspreiding in die suidelike stad Rafah in Gaza opgeskort. Dit is weens ‘n gebrek aan voorrade en ‘n onhoudbare veiligheidsituasie wat deur Israel se voortdurende militêre aanslag veroorsaak is. Die krisis in voorrade het in die twee weke sedert Israel sy inval in Rafah begin het, vererger. Israel het beloof om Hamas-vegters in die gebied uit te roei. Scott Anderson van die VN sê hulle herwaardeer die logistieke en veiligheidsmaatreëls in Gaza: