VN spreek kommer oor voortdurende geweld in DRK

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het kommer uitgespreek oor die toenemende geweld in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo. Skermutselings tussen die M23-rebelle en die land se weermag het onlangs verskerp. Die M23 is een van tientalle gewapende groepe wat lank reeds die land se mineraalryke ooste teister om beheer daaroor te kry. Guyana se ambassadeur, Carolyn Rodrigues-Birkett, sê raadslede het hulle volle ondersteuning vir die DRK se soewereiniteit, eenheid en territoriale integriteit bevestig: