VN spreek kommer oor Jenin-aanvalle uit

Die Verenigde Nasies se hulp- en werke-agentskap vir Palestynse vlugtelinge in die Wesoewer het kommer uitgespreek oor voortslepende gevegte tussen Israeliese magte en gewapende Palestynse militante in die Jenin-vlugtelingkamp. Israel het gister sy grootste militêre operasie in byna twee dekades in die besette Wesoewer uitgevoer en minstens agt Palestyne is dood. Sowat 3 000 mense het uit die kamp gevlug. Die VN-agentskap doen ‘n beroep op alle partye om die kringloop van toenemende geweld te stop omdat dit tot gevaarlike vlakke van onbestendigheid kan lei.