VN se voedsel, kantoortoerusing in Sudan geplunder

Adjunkwoordvoerder van die Verenigde Nasies Farhan Haq, sê kantoor- en rekenaartoerusting is oor die naweek by die organisasie se kantore in Khartoem gesteel. Hy voeg by dat byna ‘n kwart van die Wêreldvoedselprogram se voedselvoorraad ook tydens ander geleenthede geplunder is. Sowat 17 000 metrieke ton kos is meestal in die eerste paar dae van die konflik gesteel maar dit kan waarskynlik heelwat meer wees, sodra ‘n volledige inventaris geneem kan word. Die plundery is die jongste skending van humanitêre fasiliteite sedert die begin van die krisis.