VN se menseregte-kommissaris veroordeel moord op Eswatini-joernalis

Die Verenigde Nasies se hoë kommissaris vir menseregte, Volker Türk, het die wrede moord op Eswatini se voorste menseregteprokureur, Thulani Maseko, veroordeel. Hy is Sondagaand deur onbekende aanvallers by sy huis in Luyengo, Eswatini, voorheen Swaziland, doodgeskiet. Türk vra ‘n vinnige, onafhanklike, onpartydige en doeltreffende ondersoek na Maseko se moord. Hy voeg by die owerhede in Eswatini moet die veiligheid en sekuriteit van al sy burgers verseker, insluitend die verdedigers van menseregte, joernaliste en politieke aktiviste.