VN se klimaatverslag skets sombere prentjie

Die verslag van die VN se paneel oor klimaatsverandering skep ‘n sombere prentjie. Die verslag onderstreep die dringendheid om meer ambisieuse stappe te neem en wys dat, as ons nou optree, ons steeds ‘n leefbare volhoubare toekoms vir almal kan verseker. Die verslag sê dat koolstofvrystellings teen 2030 met byna die helfte verminder moet word as aardverwarming tot 1,5 grade Celsius beperk moet word. Doeltreffende en billike bewaring van ongeveer 30 tot 50 persent van die wêreld se grond-, varswater- en seebronne sal help om ‘n gesonde wêreld te verseker. Die sekretaris-generaal van die VN Antonio Guterres het die mensdom weer gewaarsku dat tyd min raak.