VN sê hierdie jaar is belangrik om VIGS-doelwit vir 2030 te haal
Die Verenigde Nasies sê die besluite wat politieke leiers vanjaar neem sal deurslaggewend wees of die teiken om Vigs as ‘n bedreiging vir openbare gesondheid teen 2030 te beëindig, bereik kan word. Syfers van 2023 toon nagenoeg 1,3-miljoen nuwe infeksies is verlede jaar aangeteken, ‘n styging van 100 000 in vergelyking met 2022, maar ‘n merkbare daling sedert die piek van 3,3-miljoen in 1995. Die langtermyn neiging is steeds baie meer as die teiken van 330 000 nuwe infeksies aanstaande jaar. Nagenoeg 40-miljoen mense lewe met MIV, die virus wat Vigs kan veroorsaak.