VN sê 2024 was dodelikste jaar vir sy hulpwerkers

Die Verenigde Nasies se Kantoor vir Humanitêre Aangeleenthede sê die dodetal van humanitêre werkers is die hoogste wat nog ooit aangeteken is. Tot dusver vanjaar is 282 hulpwerkers wêreldwyd in plekke soos Gaza en Soedan doodgemaak. Lisa Doughton van die VN sê ondanks die lewensgevaar gaan humanitêre en VN-personeel steeds voort met hulle werk en het vanjaar lewensreddende hulp aan meer 116-miljoen mense wêreldwyd gelewer: