VN onttrek nie voedselbystand in Sudan nie
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het sy besluit van twee weke gelede, om hom aan Sudan te onttrek, omgekeer, en het bedrywighede in die oorloggeteisterde land hervat. Meer as 500 mense is dood tydens gevegte tussen die weermag en paramilitêre teenstanders, die Rapid Support Forces. Meer as 15 miljoen mense het voor die heersende konflik ernstige voedselonsekerheid in Sudan in die gesig gestaar. Die Wêreldvoedselprogram se uitvoerende direkteur, Cindy McCain, sê voedselverspreiding sal na verwagting in die komende dae in die state Gedaref, Gezira, Kassala en White Nile begin.