VN Mensregteraad: Ingryping in Mianmar nodig

Die Menseregteraad van die Verenigde Nasies sê Mianmar se weermag het deur geweld te gebruik, ‘n voortdurende menseregtekrisis in die land geskep. Dit sluit in moord, marteling, onregmatige arrestasies en die gedwonge verdwyning van teenstanders van die staatsgreep. Die raad berig twee jaar na die staatsgreep is die generaals besig met ‘n verskroeide aarde-beleid in ‘n poging om van die opposisie ontslae te raak. Hulle ignoreer aanhoudend internasionale verpligtinge en beginsels. Die menseregte-kommissaris van die VN, Volker Türk, sê dringende, tasbare optrede is nodig om ‘n einde te maak aan die katastrofiese sweer.