VN: Kospryse daal wêreldwyd

Die Verenigde Nasies se voedsel-agentskap sê wêreld-kospryse het in Januarie vir die tiende agtereenvolgende maand gedaal. Dit is nou sowat 18 persent laer as die rekord hoogtepunt wat in Maart verlede jaar bereik is, ná Rusland se inval in die Oekraïne. Ondanks die daling in die laaste maande van die jaar was kospryse gemiddeld verlede jaar 14,3 persent hoër as in 2021, en die hoogste sedert die VN in 1990 begin rekord hou het.