VN-kenners eis die vrylating van Zimbabwiese aktiviste

Kenners van die Verenigde Nasies het Zimbabwe versoek om drie menseregte-aktiviste vry te laat. Namatai Kwekweza, Robson Chere en Samuel Gwenzi is op 31 Julie aangekeer weens ondersteuning van opposisieleier Jameson Timba, wat tronk toe gestuur is. Die aktiviste is glo sonder enige kontak met die buitewêreld aangehou, gemartel en aangekla van wanordelike gedrag, wat die kenners as ongegrond beskryf. Zimbabwe gaan die naweek die beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap aanbied. Human Rights Watch en Amnestie Internasionaal het by die regering geëis om die aktiviste vry te laat.