VN is vandag 79 jaar oud

Verenigde Nasies-dag word vandag herdenk. Dit is vandag 79 jaar gelede wat die VN amptelik geskep is in 1945. Die sekretaris-generaal Antonio Guterres, wat vandag besoek aflê in Rusland en met president Vladimir Putin sal vergader, het weer ‘n beroep gedoen vir vrede in die Midde-Ooste.