VN-hoof waarsku oor eskalasie van konflik in Midde-Ooste

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, doen ‘n beroep vir ‘n einde aan die toenemende geweld in die Midde-Ooste, en sê alle partye moet maksimum selfbeheersing aan die dag lê. Dit volg ná ontploffings van tweerigtingradios wat aan die militante groep Hisbolla behoort, waartydens meer as 30 mense omgekom het en meer as drie-duisend oral in Libanon beseer is. Israel word hiervoor beskuldig. Guterres sê dit is onaanvaarbaar dat onskuldige burgerlikes steeds in die kruisvuur vasgevang word.