VN het kommer oor 18 hongersnood-brandpunte

Die Verenigde Nasies se voedsel- en landbou-organisasie waarsku ernstige voedselonsekerheid kan moontlik toeneem in 18 hongersnood-brandpunte wat 22 lande raak. Dit sluit Sudan, Yemen, Nigerië, Afghanistan en Somalië in. ‘n Nuwe VN-verslag toon konflik, uiterste klimaatstoestande en ekonomiese skokke dryf al meer gemeenskappe na ‘n hongerkrisis. Die organisasie sê daar moet onmiddellik ingryping op landbougebied plaasvind om mense wat op die rand van hongersnood is, te red.