VN gee N$87 miljoen vir Nigeriese vloedslagoffers

Die Verenigde Nasies sê hy het meer as 87-miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel om vloedslagoffers in Nigerië te help, nadat die reënseisoen tot die dood van meer as 300 mense gelei het en wydverspreide skade aangerig het. Die geld uit sy Sentrale Noodhulpfonds, sal help om die vloedreaksie te versterk en kritieke behoeftes aan te pak in drie van Nigerië se state wat die ergste deur die vloede geraak is, naamlik Borno en Bauchi in die noordooste, en Sokoto in die noordweste. Die oorstromings het meer as 1,2-miljoen mense in minstens 31 van die land se 36 state geraak.