VN: Erge voedseltekorte kom in Wes- en Sentraal-Afrika
Die VN se humanitêre agentskappe waarsku dat 48 miljoen mense in Wes- en Sentraal-Afrika in die komende maande deur ernstige voedseltekorte in die gesig gestaar word. Die tekorte word veroorsaak deur klimaatverandering, hoë pryse, die nagevolge van die Covid-pandemie en die voortslepende oorlog in Oekraïne. Die VN sê Sentraal- en Wes-Afrika word toenemend bedreig deur wisselvallige reënval en hoër temperature. Volgens die VN word die koste-korte wat in die Junie tot Augustus periode verwag word, as net ‘n vlak laer as hongersnood beskou.