VN eis skietstilstand in Gaza 

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, vra vir ‘n dringende humanitêre wapenstilstand in die Gaza-strook, nadat 700 mense op een dag gesterf het, na bewering in Israeliese lugaanvalle. Verslae dui daarop dat hospitale in die streek ernstige uitdagings in die gesig staar, insluitende brandstoftekorte en al hoe minder mediese voorrade. Die woordvoerder van die Hoë Kommissaris vir Menseregte van die VN, Jeremy Laurence, beklemtoon die voortslepende konflik in die Gaza-strook is ʼn oortreding van die internasionale reg. Hy beskryf die humanitêre situasie in Gaza as katastrofies: