VN bring hulde aan ontslape president Geingob

Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het by sy 55ste plenum-vergadering in New York hulde gebring aan wyle president Hage Geingob. Ambassadeur Linda Thomas-Greenfield, die Amerikaanse verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, het gepraat oor hoe sy wyle president Geingob geken het. Sy sê dat Geingob ‘n boer was, wat sade geplant het en hy sal nie daar wees om te sien hoe dit wasdom bereik nie.