VN bewillig US$3m vir droogtehulp

Die Verenigde Nasies het 3 miljoen Amerikaanse dollar, of 52 miljoen Namibiese dollar deur sy Sentrale Noodhulpfonds gemobiliseer om Namibië se reaksie op die voortdurende droogte te ondersteun. Die befondsing het ten doel om onmiddellike hulp aan kwesbare gemeenskappe te lewer. Namibië staar tans een van sy ergste droogtes in die gesig wat die lewensbestaan van gemeenskappe, veral in die Omaheke-, Kavango Oos-, en Kavango Wes-streke bedreig.