VN bepleit dat Rafah-aanval gekeer word

Die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie waarsku ‘n volskaalse aanslag op Rafah in Gaza sal katastrofies wees. Meer as 80 000 mense het sedert verlede Maandag uit die stad gevlug. Die VN se menseregtehoof, Volker Türk, sê daar is geen manier dat ‘n aanval in ‘n gebied met ‘n uiters digte bevolking met die vereistes van internasionale humanitêre reg versoen kan word nie. Hy sê alle regerings moet alles in hul vermoë doen om ’n aanslag in Rafah te voorkom.