VN bekommerd oor droogte in Suider-Afrika

Die Verenigde Nasies se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Aangeleenthede het sy kommer uitgespreek oor die voortdurende gevolge van die El Nino-weerpatroon in Suider-Afrika. Drie lande, insluitend Zimbabwe, het noodtoestande afgekondig. Owerhede in Zimbabwe sê byna 2,7-miljoen mense worstel met voedsel-onsekerheid weens die toestande. Die sekretaris-generaal van die VN se woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê hulle werk daaraan om die krisis af te weer: