VN begin met voedselbystand in Libanon

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram het ʼn noodprojek begin om voedselhulp te voorsien vir die tot 1 miljoen mense wat geraak word deur die konflik in Libanon. Meer as 1 000 mense is dood sedert Israelse aanvalle verlede week. Die program het tot dusver meer as 66 000 mense in skuilings reg oor Libanon bereik. ʼn Woordvoerder, Corinne Fleischer, sê verdere aanvalle sal ʼn nadelige uitwerking op die streek hê omdat dit die humanitêre gemeenskap se gesamentlike bedryfs- en finansiële vermoëns sal belemmer.