VN-baas maak stem dik oor Gaza-slagtings
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê wat in Gaza gebeur is onaanvaarbaar en die flagrante skending van internasionale humanitêre wetgewing en moet onmiddellik end kry. ‘n Israelse lugaanval op ‘n skool in sentraal-Gaza wat as ‘n skuiling vir daklose Palestyne gebruik is, het tot die dood van 18 mense gelei. Onder die sterftes is ses lede van die VN se Palestynse vlugtelingsagentskap, UNRWA. Die skool het skuiling aan sowat 12-duisend mense gebied, hoofsaaklik vroue en kinders. Die agentskap sê dit is die hoogste dodetal van sy personeel in ‘n enkele voorval.