VN: 22 hulpwerkers in Sudan vermoor
Die Verenigde Nasies het bekendgemaak dat minstens 22 hulpwerkers vanjaar in Suid-Sudan vermoor is. Suid-Sudan is bo-aan die lys van die gevaarlikste lande vir hulpwerkers. Sedert die begin van die jaar was daar 40 aanvalle op hulpverleners in dié land en 36 mense is ook beseer. Die VN se waarnemende humanitêre koördineerder vir Suid-Sudan, Peter Van der Auweraert, sê die meeste van die slagoffers was Suid-Sudanse burgers.