Vlug met olifante vertrek vanaf HKIA

Dit is bevestig dat vliegtuig met die 22 olifante omstreeks halfsewe vanaand vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako vertrek het. Die bestemming van vlug KGB45621 van die Ilyushin-76 vragvliegtuig wat die olifante uitvoer, se bestemming vanaf Windhoek is volgens bronne Johannesburg. Daar is berigte dat die diere bestem is vir ‘n dieretuin in die Verenigde Arabiese Emirate, wat onwettig is, volgens Cites se regulasies. Namibië is onderhewig aan Cites.