Vlubalfederasie kry borg om premierskap te stig

Die Namibiese Vlugbalfederasie het ‘n driejaar-borgskap van 3 miljoen Namibiese dollar van MTC ontvang. Die federasie sal die geld gebruik om ‘n MTC-premierskap te stig. Tim Ekandjo, MTC se korporatiewe sake-hoof en bemarkingsbeampte, het tydens ‘n pers-inligtingsessie die oorhandiging behartig.