Vloei by Ruacana vertoon goed vir Januarie

Die vloei by die Ruacana hidroëlektriese aanleg is volgens NamPower op 739,06 kubieke meter per sekonde gemeet. Die laaste keer wat so hoë syfer die tyd van die jaar aangeteken is, was in die 2019-2020 reënseisoen. Verlede jaar het vloei nie eers by 200 kubieke meter per sekonde in Janaurie uitgekom nie. Die rivier piek normaalweg in April tot Junie. Volgens die jongste voorspellings word nog reën in die opvangsgebied van die Kunene-rivier, die Angolese hoogland in die volgende twee weke verwag. Die opwekking van krag sal sonder twyfel verligting vir NamPower bring veral met die voortdurende beurtkrag uitdagings en die maatskappy wat ten duurste krag by die Suider-Afrikaanse kragpoel moes aankoop.