Vloede in Rusland… 100 000 is ontruim

Meer as 100 000 mense in Rusland en Kazakhstan is gedwing om uit hulle huise te vlug weens die ergste oorstromings in Oos-Europa in sewentig jaar. Dit is veroorsaak deur vinnig smeltende sneeu wat riviere laat afkom het. Internasionale nuusagentskappe berig riviere het binne ‘n paar uur met verskeie meter gestyg om hulle hoogste vlakke ooit te bereik. Die Kremlin sê president Vladimir Putin word gereeld oor die situasie ingelig, maar hy het nie enige onmiddellike planne om die streek te besoek nie.