Vliegtuig val op motorfiets en motor by Kuala Lumpur

Tien mense is vandag in Maleisië dood nadat ‘n ligte privaat vliegtuig teen ‘n motorfiets en ‘n motor gebots het terwyl die vlieënier probeer het om by ‘n nabygeleë lughawe in die buitewyke van die hoofstad Kuala Lumpur te land. Die vliegtuig met ses passasiers en twee bemanningslede aan boord, het op ‘n hoofweg naby die Elmina-woongebied neergestort. Die bestuurders van beide die motorfiets en motor is op slag dood. Die vliegtuig het van die vakansie-eiland Langkawi opgestyg en was op pad na Selangor se Sultan Abdul Aziz Shah-lughawe naby die hoofstad.