Vliegtuig val in Pionierspark

‘n Vliegtuigongeluk het net na vyf-uur in Rieckmanstraat in Pionierspark plaasgevind. ‘n Brand het ontstaan en alle nooddienste is op die toneel. Inligting is nog skraps maar die Windhoek-munisipaliteit se nooddienste het onderneem om meer inligting te verskaf soos dit beskikbaar word. Die maak van die vliegtuig is onbekend en dit is nie duidelik of daar enige beserings of sterfgevalle is nie. Owerhede maan die publiek om die toneel te vermy en nooddienste toe te laat om bystand te lewer.