Vliegtuig help Sean Naude soek na vermiste man

Die lewensredding-vrywilliger Sean Naude is steeds op soek na die man wat naby Kaap Kruis vermis word. Hy en sy span is in Hentiesbaai vir die soek-en-reddingsending, en het nou ‘n vliegtuig wat help. Die man is ‘n bemanningslid van ‘n vaartuig wat in die see geanker is en wag om gesleep te word, en het Sondag die skip verlaat in ‘n rubberboot met net roeispane. Naude sê die man leef nog en die soektog gaan voort.