Vlieëniersvereniging sê BDS-redery se aanbod is ‘n positiewe ontwikkeling

Die Vlieëniersvereniging van Namibië het gereageer op die aanbod van 1,4 miljard Namibiese dollar wat deur die buurland se BDS-redery op die tafel is tot 31 Januarie om die bankrot Air Namibia te koop. Die aanbod is afwaarts aangepas van 3,2 miljard dollar wat verlede jaar aangebied is. Manuel Prenzlow, die president van die vereniging sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is ‘n positiewe ontwikkeling.