Vlermuise floreer in ou myskagte

Bewaringsgesindes het minstens agt spesies vlermuise gevind in ʼn groep verlate steenkoolmyne in die Engelse graafskap, Yorkshire. Die vlermuise gebruik die mynskagte en omliggende heuwels naby Barnsley vir paring gedurende die herfs. Vlermuiswyfies kry net een kleintjie per jaar en swerming is van deurslaggewende belang vir die beveiliging van die volgende geslag vlermuise. Bewaringsgesindes sê die monitering van sulke projekte is belangrik omdat vlermuise as ‘n groep ‘n uitstekende aanduiding gee van die algemene welstand in hulle ekosisteem.