Vleisverwerkings-aanleg van N$35 miljoen kom in Katima-Mulilo

Die Namibiese landbouministerie het aangekondig dat die ministerie binnekort ‘n vleisverwerkings-aanleg ter waarde van 35 miljoen Namibiese dollar in Katima Mulilo in die Zambezi-streek gaan bou. Die konstruksie word deur EU2Namibia deur gefinansier. Die landbouminister, Calle Schlettwein, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die aanleg sal waarde vir die Katima Mulilo-slagplaas toevoeg.