Vleisraad, veeartsenydienste skop databasis-veldtog af

Die Vleisraad van Namibië in samewerking met die Direktoraat Veeartsenydienste begin met ‘n data-opruimingsveldtog. Die veldtog het spesifiek betrekking op geregistreerde veehandelsmerke en veesensusdata, en moet gedoen word weens ‘n groot aantal ongebruikte veehandelsmerke en verouderde veehouer-inligting op die nasionale databasis. Die doel is om die nasionale databasis skoon te maak deur alle ongebruikte veehandelsmerke teen 31 Oktober op te skort. Dit is noodsaaklik dat alle veeboere hul inligting opdateer. ’n E-vorm kan elektronies ingevul word, of vorms kan afgelaai, gedruk en ingevul word.