Vleispryse steeds markwaardig, veral vir die heersende tyd

Volgens die nuutste vleispryse-verslag van die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad toon die pryse van vleis redelik bestendig in vergelyking met vorige maande. Die hoof van bemarking by die raad, Desmond Cloete, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die veilingpryse gesels. Hy sê die pryse is markwaardig veral in die tye waarin die bedryf homself vind.