Vleispryse sal plaaslik ook styg oor feestyd, nes in SA

Vleispryse in Suid-Afrika sal na verwagting met die feesseisoen styg. Die afskaffing van invoertariewe op hoender, maak nie juis ‘n verskil aan hoenderpryse nie en varkvleispryse bly ook hoog. Namibiese landboukenner, Wallie Roux verduidelik hoe vergelyk die vleispryse in Namibië met dié van buurlande in die SAOG-streek en of Namibiërs die feesseisoen ‘n vleisie op die kole kan gooi.