VK soek verduideliking van Israel oor hulpwerkers se dood

Die Britse minister van buitelandse sake, David Cameron, sê die Verenigde Koninkryk het Israel versoek om ‘n volledige verduideliking te verskaf oor ‘n lugaanval waarin hulpwerkers dood is. Die Amerika-gebaseerde World Central Kitchen-liefdadigheidsorganisasie sê die aanval het sewe van sy werkers, wat besig was om kos af te laai wat per see na die Gaza-strook geneem is, se dood veroorsaak. Die groep het bedrywighede onderbreek nadat die Australiese, Britse, Palestynse, Poolse en Amerikaans-Kanadese personeel dood is. Die Israeliese weermag sê hulle doen ‘n deeglike oorsig oor die voorval.