VK se rykste familie kry tronkstraf in Switserland

’n Switserse hof het tronkstraf opgelê aan vier lede van Brittanje se rykste familie vir die uitbuiting van Indiese personeel by hul Geneefse herehuis. Die Hindoejas, wat nie in die hof was nie, is vrygespreek van mensehandel, maar is skuldig bevind aan ander aanklagte. Die familie se fortuin word op 37 miljard Britse pond geraam. Prakash Hinduja en sy vrou, Kamal, is elk tot vier jaar en ses maande tronkstraf gevonnis, en hul seun Ajay en sy vrou, Namrata, tot vier jaar gevangenisstraf elk. Die gesin het bediendes uit Indië gebring, hulle ver onderbetaal en hul paspoorte gekonfiskeer.