VK se Rwanda-wetsontwerp is skending van internasionale reg

Die Rwanda-wetsontwerp is fundamenteel onversoenbaar met Brittanje se menseregte-verpligtinge en sal die internasionale reg oortree. Dit is volgens ‘n verdoemende parlementêre verslag deur die Verenigde Koninkryk se Gesamentlike Komitee oor Menseregte. Die doel van die wetsontwerp is om verlede jaar se uitspraak in dié land se hoogste hof teen te staan, wat bevind het Rwanda is nie ‘n veilige land waarheen die VK assielsoekers sonder keuse kan verskuif nie. Die verslag sê die wetsontwerp se feitlik algehele uitsluiting van regsoorweging ondermyn die grondwetlike rol van die land se howe om die uitvoerende gesag aanspreeklik te hou.