VK sal aanhou wapens na Israel uitvoer

Brittanje se minister van Buitelandse Sake, David Cameron, sê sy regering gaan nie wapenuitvoere na Israel opskort nie, maar sal internasionale wette gehoorsaam. Die land se regering is onder druk oor sy wapenhandel met Israel ná ʼn lugaanval waarin sewe lede van World Central Kitchen, insluitend drie Britte, dood is. Cameron sê deur wapenuitvoere toe te laat, tree die land op in ooreenstemming met ander lande met dieselfde mening. Hy herhaal hulle is ernstig bekommerd oor die humanitêre kwessie in Gaza.